Boulter slaag daarin dat sy vervolging hersien word
Volgens die Windhoekse prokureur Kadhila Amoomo het sy kliënt, die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, daarin geslaag om ‘n aansoek in te dien om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir vervolging te hersien. Die saak is tot 20 Julie uitgestel vir ‘n verdere statusverhoor. Boulter sal ook volgens Amoomo op 17 April in die hoërhof verskyn vir saakbestuur. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in die Kamanjab-distrik. Intussen het Van Wyk se weduwee, Alta Van Wyk en haar drie kinders vir Boulter vir skadevergoeding vir verlies van inkomste, emosionele pyn en trauma gedagvaar.