Boulter se ouers hoor na verwagting vandag of hulle kan bly
Uitspraak word vanoggend verwag in die moord-beskuldigde Harvey Boulter se ouers, Eric, 82 en Veronica, 81, se hofaansoek teen die voorsitter van die immigrasiekeurraad en die minister van binnelandse sake. Die Boulter-egpaar sê die immigrasieraad probeer om hulle onbepaald, onredelik en onregverdig te laat wag, terwyl hulle bejaarde mense is en baie afhanklik hulle seun is. Die twee wil graag in die land bly en loof die gesondheidstelsel. Die twee se aansoek vir permanente verblyf is op ys tot die strafregtelike saak teen hulle seun afgehandel is. Regter Eileen Rakow hoor die saak aan.