Boulter se aansoek om vervolging ter syde te stel vandag in die hof

Die saak waar die Britse sakeman en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien kom weer vandag voor regter Herman Oosthuizen voor. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Die partye het stukke ingedien wat die vordering van die saak uiteensit met datums vir verklarings, en vra dat die regter die saak tot 21 Augustus uitstel. Intussen het Van Wyk se weduwee, Alta Van Wyk en haar drie kinders vir Boulter vir skadevergoeding vir verlies van inkomste, emosionele pyn en trauma gedagvaar.