Boulter moet teregstaan op moordklag
Regter Herman Oosthuizen het die aansoek van die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien, van die hand gewys. Hy sal dus verhoor word op ‘n moordklag. Boulter sal ook die staat se kostes moet betaal. Boulter het gemeen daar is niks om te vervolg nie omdat die geweer afgegaan het tydens ‘n fisiese onderonsie. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Dit is nie bekend of hy sal appelleer nie.