Boulter hoor vandag of vervolging voortgaan of nie

Uitspraak in die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien word vanoggend verwag. Dit kom na regter Herman Oosthuizen dit in Mei uitgestel het. Oosthuizen het reeds in Januarie hoofbetoë aangehoor en Boulter meen daar is niks om te vervolg nie omdat die geweer afgegaan het tydens ‘n fisiese onderonsie. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik.