Bouler James Anderson geloof met uittrede
Die legendariese Engelse bouler James Anderson is wyd geloof met sy uittrede na die eerste toets teen die Windies op Lord’s in Londen. Die 41-jarige het op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hy vier paaltjies geneem en sy span gehelp het om die besoekers met ‘n beurt en 114 lopies af te ransel. Hy het geëindig met 704 paaltjies in 188 toetse. Anderson se laaste kaptein, Ben Stokes, sê hy is ‘n ongelooflike inspirasie vir talle, en sy gewese spanmaat Stuart Broad beskryf hom as die beste naatbouler ooit.