Boubedryf kan werk skep, maar nie vir almal
‘n Afrika Ekonomiese Vooruitsig-verslag deur die Afrika Ontwikkelingsbank skat dat 17 miljoen werksgeleenthede elke maand tussen nou en 2063 geskep moet word om die werk- en werkloosheidsyfers van Afrika-jeug konstant te hou. ‘n Arbeidskenner het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die plaaslike boubedryf is een van die sektore waarin werk vir die jeug geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tuafi Shafombabi, die woordvoerder van die Nasionale Behuisingsonderneming, oor of die konstruksiebedryf werkloosheid sal kan bekamp.