Botswana wil Kimberley-proses setel wees

Botswana, die wêreld se tweede grootste diamantprodusent, soek ‘n meer prominente rol in die bedryf na Rusland se inval in die Oekraïne. Die ding mee om ‘n permanente nuwe hoofkwartier en sekretariaat vir die Kimberley-proses te huisves, wat poog om handel in diamante van konflikgebiede te bekamp. Inkomste uit diamante het Botswana, wat onder die wêreld se 25 armste lande was, gehelp om hoër-middelinkomstestatus te verkry. Die Kimberley-proses is in 2003 deur regerings, burgerregtegroepe en rolspelers in die bedryf begin om deursigtigheid te bewerkstellig en handel in sogenaamde “bloeddiamante” te probeer uitskakel. Botswana, wat ná sy laaste sitting in November die roterende voorsitterskap van die Kimberley-proses by Rusland oorgeneem het, sal teen China en Oostenryk meeding om die permanente sekretariaat te huisves.