Botswana stig rampfonds vir gesinne met massa-ongevalle

Die regering van Botswana het ʼn rampfonds gestig om gesinne by te staan wat geraak word deur massarampe. Dit volg nadat 45 mense dood is toe die bus waarin hulle gereis het tussen Mokopane en Marken in Limpopo van ʼn brug in ʼn kloof afgestort het. Die bus het oor die Paasnaweek mense van Botswana na ʼn pelgrimsbyeenkoms by Moria naby Polokwane vervoer. Die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, het onderneem om te verseker gesinne wat geraak word, ontvang die nodige bystand.