Botswana stem vandag, BDP reeds 58 jaar aan bewind

Botswana stem vandag. Die regerende Botswana Demokratiese Party is reeds 58 jaar aan bewind en ontleders sê dat dit hierdie keer moeilik is om die uitslag van die algemene verkiesing te voorspel. Die land staar moeilike tye in die gesig ná ‘n afswaai in die vraag na diamante wat noodsaaklik is vir sy ekonomie. Die opposisie sê die BDP is te lank aan bewind en beskuldig hom van ekonomiese wanbestuur en korrupsie, ‘n beskuldiging wat hulle ontken. Botswana word wyd gesien as ‘n land met min korrupsie en goeie bestuur, maar daar is ‘n groeiende gebrek aan vertroue in die regering. Werkloosheid het gestyg en staan op meer as 27 persent, met jeugwerkloosheid bo 45 persent.