Botswana stem einde Oktober

Die volgende algemene verkiesing in Botswana is die 30ste van volgende maand met president Mokgweetsi Masisi wat vir ’n tweede termyn verkiesbaar is. Masisi het die 30ste en 31ste Oktober tot openbare vakansiedae verklaar om te verseker alle landsburgers kan stem. Politieke partye moet hulle kandidate vir die presidentskap teen 28 September voorlê. Die Botswana Democratic Party regeer al sedert onafhanklikheid in 1966 en verdedig sy posisie in hierdie verkiesing. Masisi sal teëgestaan word deur Duma Boko van die Umbrella for Democratic Change en Dumelang Saleshando van die Botswana Congress Party.