Botswana stel droogtebestande rys-variëteit bekend

Die Nasionale Landbou-navorsing- en Ontwikkelings-instituut van Botswana en landbouhandels-maatskappy, African Agriculture, het ʼn ooreenkoms gesluit om ʼn nuwe droogtebestande rys-variëteit bekend te stel om opbrengste te verhoog. Die onder-sekretaris van die ministerie van landbou-ontwikkeling en voedselsekerheid, Tiny Diswai, sê die doel is om die land se afhanklikheid van ingevoerde rys aan te spreek, wat tans die derde grootste graan-invoer is. Volgens Diswai is die samewerking die gevolg van ‘n gedeelde visie om die verbouing van rys in Botswana te bevorder.