Botswana spog met tweede grootste diamant ooit

Botswana het die ontdekking aangekondig van ‘n diamant van twee-duisend-492-karaat, die tweede grootste wat ooit gevind is. Die Kanadese mynmaatskappy Lucara Diamond Corporation het die ongeslypte diamant in die Karowe-myn ontdek en dis ongeskonde herwin met die gebruik van X-straal-tegnologie. Die grootste diamant ooit was die 3 106 karaat Cullinan wat in 1905 in Suid-Afrika ontdek is. Die Karowe-myn is bekend vir groot vondse, insluitend die 1 758 karaat Sewelô- en die 1 109 karaat Lesedi La Rona-diamante.