Botswana se finansminister ‘beste in Afrika’

Botswana se regering het Peggy Serame gelukgewens nadat sy die tydskrif The Banker se toekenning ontvang het as Afrika se beste finansminister vir 2024. Die tydskrif het die eerste keer in Januarie 1926 verskyn om ekonomiese en finansiële intelligensie aan die finansiële sektor van die wêreld te verskaf, oor ʼn wye spektrum kwessies. Serame is ʼn ekonoom van beroep en Botswana se eerste vroulike finansminister. Sy kry erkenning vir haar intellektuele leierskap en doeltreffende rentmeesterskap van die ekonomie sedert sy haar pos in April 2021 aanvaar het.