Botswana kry middag af ter viering van eerste Olimpiese goud
President Mokgweetsi Masisi van Botswana het die land vanmiddag afgegee om Letsile Tebogo se prestasie te vier. Tebogo is die land se eerste goue medalje-wenner en die eerste uit Afrika om Olimpiese kampioen oor 200-meter te word. Masisi loof die 21-jarige naelloper as “Botswana se Sensasie” na sy puik vertoning. Tebogo het sy ma se geboortedatum op sy spykerskoene en sê hy het haar saam met hom gedra, as ‘n huldeblyk na haar afsterwe in Mei.