Botswana beheer aanbod van ruwe diamante

Botswana se staatsbeheerde Okavango Diamond Company het sy ruwe diamant-verkope tydelik gestaak as deel van ‘n bedryfswye poging om ‘n oorvloed van voorraad te verminder. Die oorvloed is veroorsaak deur ‘n wêreldwye laer vraag na juweliersware, sê sy besturende direkteur, Mmetla Masire. Die maatskappy, wat verlede jaar ‘n rekord 1,1 miljard Amerikaanse dollar in inkomste gerapporteer het, hou 10 veilings per jaar om sy 25 persent-toekenning van produksie van Debswana Diamond Company te verkoop, in terme van die vennote se juweel-verkoopooreenkoms. Die maatskappy het sy November-veiling gekanselleer en ‘n besluit oor die Desember-verkoping moet nog geneem word, aangesien die bedryf sukkel as gevolg van ‘n laer vraag na geslypte en gepoleerde diamante in Amerika en China.