Botswana baklei en kry groter hulpbron-aandeel, wat van Namibië?

Met die nuus dat De Beers ‘n ooreenkoms hernu het om diamante uit Botswana te bemark, is die voordele van minerale bronne weer in die nuus. Die buurland se President Mokgweetsi Masisi het ‘n groter aandeel uit die diamante geëis en indien nie ontvang nie, sou hy die ooreenkoms verbreek. Die partye het ooreengekom dat Botswana 30 persent van die ontginde diamante self mag verkoop. Daar is beroepe dat Namibië dieselfde heroorweging van sy kontrakte met buitelanders oor sy natuurlike hulpbronne moet toepas en volgens Lifalaza Simataa van die LPM-party, moet die leierskap intree sodat daar meer voordeel getrek kan word.