Bots skenk 500 olifante aan Mosambiek

Twee jaar nadat hulle 500 olifante as geskenk aan Mosambiek beloof is, sê Botswana dat die diere in die nabye toekoms verskuif sal word. President Mokgweetsi Masisi het die aanbod die eerste keer in 2018 gemaak. In Mosambiek is ongeveer 15 000 olifante in die Niassa-reservaat ‘n beskermde gebied, wat 42 000 vierkante kilometer beslaan, oor. Duisende olifante is tydens Mosambiek se 15-jaar lange burgeroorlog gestroop. Intussen berig die Journal of African Elephants in Botswana dat twee massiewe bulle in die laaste paar weke in die noorde van Botswana gejag is. Die joernaal sê dat een van die olifante tande gehad het wat 45,3 kilogram weeg, wat dit die grootste olifant maak wat sedert 1996 in Botswana gejag is. Die ander olifant wat gejag is, se tande het 40,8 kilogram geweeg.