Bots-beperkings op bees-uitvoere moontlik ‘n seën plaaslikAugust 8, 2023
Botswana het beperkings op die uitvoer van lewende beeste om sy beeskudde ná elke droogteseisoen te herbou, terwyl Namibië geen beperkings op die uitvoer van lewende beeste het nie.Tussen 2010 en 2022 het Namibië sowat 2,7 miljoen lewende beeste uitgevoer, en Botswana het sowat 2,6 miljoen beeste op die hoef uitgevoer, volgens High Economic Intelligence. Volgens die Vleisraad van Namibië is Botswana as ‘n bron geïdentifiseer as gevolg van sy soortgelyke omgewingstoestande en omdat dit ‘n bek-en-klouseer-vrye sone is, net soos Namibië. Botswana bly Namibië se vernaamste mededinger vir die uitvoer van beeste op die hoef na die Suid-Afrikaanse mark, nadat Botswana Namibië se historiese posisie as top-uitvoerder van lewende beeste na Suid-Afrika ingeneem het.