Botha opgewonde oor Mboma se terugkeer na die baan
Die Namibiese naelloper Christine Mboma sal op 20 April aan die Kip Keino Classic in Kenia deelneem, het haar span aangekondig. Mboma het in 2021 by dieselfde kompetisie ‘n goue medalje in die 200 meter-naelloop ingepalm. Hierdie keer sal sy net aan die 100-meter deelneem. Haar afrigter, Henk Botha, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en dié verwikkeling bevestig, terwyl hy sy opgewondenheid oor haar terugkeer na die baan uitgespreek het.