Bosluisplaagdoder-weerstand bedreig SA beesbedryf

‘n Navorser aan die Universiteit van die Vrystaat, Luther van der Mescht, waarsku Suid-Afrika se beesbedryf staan voor ‘n krisis aangesien bosluise nou weerstandig is teen plaagdoder. Van der Mescht het aan eNCA gesê dat die groeiende weerstandigheid weens swak boerderymetodes voortdurend gemonitor moet word. Van der Mescht waarsku dit kan ‘n uitwerking hê op vleis- en melkproduksie wat boere se inkomste  en verbruikers se sakke sal raak.