Bosasa-korrupsiesaak begin in Januarie

Die Hooggeregshof in Pretoria het die voorverhoorkonferensie oor die korrupsiesaak teen die voormalige kommissaris van Korrektiewe Dienste, Linda Mti, die voormalige hoof-finansiële beampte van die departement, Patrick Gillingham, en die voormalige hoof-finansiële beampte van Bosasa, Andries van Tonder, tot Januarie 2025 uitgestel. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê daar word gewag op die uitkoms van hulle aansoek vir die vrystelling van hulle eiendom om aansoek te doen vir lewenskoste- en regsuitgawes. Die saak teen die voormalige hoof bedryfsbeampte van Bosasa, Angelo Agrizzi, begin ook op 28 Januarie.