BOSA soek makliker toegang tot seksuele oortreders-register

Build One South Africa se versoekskrif dat die Nasionale Register van Seksuele Oortreders openbaar en toeganklik gemaak word, het al meer as 12 000 handtekeninge. Die land vier tans 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld Teen Vroue en Kinders. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, sê deur die Nasionale Register van Seksuele Oortreders bekend te maak, word oortreders aanspreeklik gehou en moontlike slagoffers in die toekoms beskerm: