Bosa: Finansminister moet sy Eskom-besluit omkeer

Build One SA doen ʼn beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om sy besluit om te keer om Eskom daarvan vry te stel om onreëlmatige besteding aan te meld. Bosa is besorg oor korrupsie en plundery nadat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, beweer het sowat ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand verdwyn elke dag uit die nutsmaatskappy. Die party wys ook op die ongebreidelde korrupsie met staatsverkryging wat tydens die ramptoestand met Covid-19 hoogty gevier het. Bosa is oortuig die besluit om Eskom vry te stel kan korrupsie by die kragvoorsiener verder aanspoor.