Bosa besin nog oor DA se koalisie-pakt

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê hy oorweeg dit nog of hy deel wil wees van die DA se samewerkingsooreenkoms of nie. Dit volg na die DA-leier John Steenhuisen se aankondiging gister dat vyf partyleiers reeds ingestem het om by die konvensie aan te sluit. Maimane het aan die media gesê die 2024-verkiesing is deurslaggewend vir Suid-Afrikaners. Hy sê die konvensie moet ál die behoeftes in die land in ag neem.