BOSA begin landwye opname oor klein besighede
Build One South Africa het ‘n landwye peiling van stapel gestuur wat op ondernemers en klein, medium en mikro-ondernemings gerig is. Die opname is bedoel om direk van diegene te hoor wat kleinsakeondernemings besit oor hulle uitdagings, insluitend befondsing, en toegang tot betroubare water en krag. Roger Solomons van BOSA sê die peiling beklemtoon sy verbintenis tot die sektor en sy erkenning van die noodsaaklike rol in werkskepping en die aanvuur van ekonomiese groei in die land.