Borthwick sê oor Farrell op die bank môre

Engeland se hoofafrigter, Steve Borthwick, sê kaptein Owen Farrell pas nie in by die wedstrydplan se vereistes om te begin in môre se Sesnasiesbeker-kragmeting met Frankryk nie. Farrell, wat tot dusver vanjaar al drie Sesnasies-wedstryde begin het, is op die bank gekies en die Harlequins-speler Marcus Smith sal die nommer tien-trui dra op Twickenham. Die stut Ellis Genge sal oorneem as kaptein. Borthwick sê Farrell lei die span uitsonderlik goed in enige rol wat hy vervul: