Borsgesondheidsindaba skop ‘Pink October’ af
Borskanker bly ‘n ernstige gesondheidskwessie in Namibië. Meer as 540 nuwe gevalle word histories jaarliks aangeteken, maar hierdie getal sal drasties toeneem sedert die bekendstelling van die “Borskliniek”-inisiatief deur die mediese spanne by die Dr AB May Kankersorgsentrum, saam met die Kankervereniging van Namibië. Om gevorderde borskanker en metastatiese borskanker aan te spreek, borg die kankervereniging in vennootskap met Roche farmaseutiese produkte hierdie week ‘n “borsgesondheidsindaba” om “Pink October” af te skop. Die indaba vind op Woensdag, 4 Oktober 2023 by die Hilton Hotel in Windhoek plaas vanaf agt-uur tot drie-uur. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gepraat.