Boris sê Putin het hom met ‘n missiel-aanval gedreig

Die gewese Britse eerste minister, Boris Johnson, beweer President Vladimir Putin het vóór die Russiese inval in Oekraïne gedreig het om hom met ‘n missiel om die lewe te  bring. Johnson het dít onthul in ‘n dokumentêr oor die konflik in Oekraïne. Johnson sê hy het Putin in ‘n uitsonderlike  telefoonoproep gewaarsku dat die Weste strenger sanksies sal instel indien Rusland Oekraïne binneval. Hy sê die Russiese president se antwoord was: Ek wil jou nie seermaak nie, maar met ‘n missiel sal dit net ‘n minuut neem.