Boris sê jammer vir sy Covid-foute

Die voormalige Britse premier Boris Johnson sê hy is diep jammer oor die lewensverlies tydens die Covid-19-pandemie en aanvaar dat hy foute gemaak het. Hy het deurgeloop onder kritiek om hy nie kon sê wat hy anders moes doen nie. Johnson sê hy neem persoonlike verantwoordelikheid vir alle besluite wat geneem is en dat hy die publiek se woede verstaan veral omdat die ondersoek getuienis gehoor het van die regering se onbevoegdheid, rugstekery en vrouehaat tydens die pandemie.