Boris Johnson bedank as Britse parlementslid

Die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson het Vrydag skielik as parlementslid bedank het. Hy het woedend beswaar gemaak teen wetgewers wat sy gedrag ondersoek en ‘n diep skeuring in die regerende Konserwatiewe Party heropen voor ‘n algemene verkiesing wat volgende jaar verwag word. Sy bedanking veroorsaak nóg ‘n omwenteling vir die Konserwatiewes en lei tot ‘n tussenverkiesing in sy kiesafdeling in die weste van Londen. Dit was die tweede bedanking Vrydag vir eerste minister, Rishi Sunak, nadat ‘n bondgenoot van Johnson, Nadine Dorries, ook aangekondig het sy tree uit.