Borg in verkragtingsaak geweier, verdagte is reeds op borg vir ander verkragting

Die Outapi-landdroshof het borg aan ‘n 38-jarige veewagter, Bonifatius Mbwale geweier na hy vandag verskyn het op klagte van die verkragting van ‘n vyf-jarige meisie. Die kind was by ‘n familiewoning toe hy daar verbybeweeg met die diere. Die rede vir weiering van borg? Mbwale is vry op borg van 1 000 Namibiese dollar vir ‘n 2020-verkragtingsaak van ‘n 14-jarige meisie.