Booys: Verkragting-klag is sameswering

Die voormalige streeksraadslid vir Okahandja, Steve ‘Biko’ Booys sê die klagte van verkragting teen hom is ‘n as gevolg van ‘n sameswering teen hom. Hy word in die Windhoek-streekshof verhoor op klagtes van verkragting en bloedskande. Hy het aan die hof gesê die klaer in die saak het geestesprobleme en is bipolêr en dus, nie betroubaar nie. Hy het die aanmerkings gemaak tydens ‘n borgaansoek. Hy is reeds twee jaar in aanhouding sedert hy op 2 Februarie 2021 gearresteer is. Landdros Victor Nyazo sal Maandag sy uitspraak lewer. Die 44-jarige Booys is uiters kontroversieel en sy amp is gekenmerk deur talle protesoptogte deur inwoners van Okahandja teen hom.