Boorde, kwekerye ens., moet transformeer vir voedselsekerheid

Die ministerie van omgewingsake sê boorde, plantasies en kwekerye moet getransformeer word om te help met voedselsekerheid en bestaansdiversifikasie op plaaslike vlak. Die ministerie het hierdie jaar meer as 74 000 saailinge by staatskwekerye geproduseer en meer as 61 000 daarvan teen gesubsidieerde pryse aan die publiek verkoop. Agt-honderd saailinge is aan openbare instellings geskenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die ministerie se hoof skakelbeampte, gesels wat verduidelik watter saailinge beskikbaar is.