Bonsmara-bul behaal N$100 000 op Schumacher-veiling

Die Bank Windhoek Schumacher Bonsmara-veiling het ‘n gemiddeld van 61 762 Namibiese dollar vir bulle behaal en 24 581 vir verse en koeie. Die veiling het by die Agra/Bank Windhoek-ring in die hoofstad plaasgevind en het ‘n omset van meer as drie miljoen Namibiese dollar gehad. Die hoogste prys wat vir ‘n Bonsmara-bul betaal is, is 100 000 Namibiese dollar.