BoN verleng Covid-verligting

Die Bank van Namibië het besluit om voort te gaan met sommige van die maatreëls om huishoudings en besighede te beskerm teen die ergste impak van die Covid-pandemie. Die verligtingsmaatreëls sluit onder meer in moratoriums vir die terugbetaling van lenings. Hierdie verslappings het kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese sektore wat die meeste deur die pandemie en die nasleep daarvan geraak is. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die hoofdoel is om die ekonomie te laat herstel.