BoN verklaar dividende van N$511 miljoen

Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, het aangekondig dat die sentrale bank ‘n dividend van 511 miljoen Namibiese dollar aan die regering verklaar het. Die adjunk-finansminister, Maureen Hinda-Mbuende, het die dividend-oorhandiging bygewoon. Die bank het ook sy 2023-jaarverslag bekendgestel, wat insig gee in die bank se prestasies die afgelope jaar. Dit gee ook ‘n uiteensetting van die strategiese aktiwiteite wat aansienlik bygedra het tot die bank se sukses. !Gawaxab is aan die woord.