BoN se mikrofinansiering riglyne prioritiseer vebruikersregte
Die Bank van Namibië het regulatoriese riglyne uitgereik vir beleggers wat belangstel om mikrofinansieringsbankinstellings of tweedevlakbanke te vestig, met die doel om finansiële insluiting en toegang tot bankdienste regoor die land te verbeter. Die riglyne maak verbruiker beskerming ‘n prioriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, van die sentrale bank se kommunikasiespan, gesels.