BoN sê groei sal gemiddeld op 3% vanjaar bly

Die Bank van Namibië het sy ekonomiese vooruitsigte vir Maart 2023 bekend gemaak en sê die ekonomie sal met 3 persent vanjaar groei met 2,9 persent wat in 2024 verwag word. Dit is ‘n daling van die 4,2 persent verlede jaar. Die sentrale bank sê die groei sal aangedryf word deur diamantmynbou en volgehoue groei in die meeste nywerhede in sekondêre en tersiêre sektore. Die bank waarsku dat daar risiko’s is veral as gevolg van monetêre beleid wat wêreldwyd verskerp word wat moontlik kan lei tot ‘n internasionale verlangsaming vanjaar wat plaaslike groei sal beïnvloed.