BoN sê ekonomiese groei sal volgende jaar inkrimp

Die Bank van Namibië voorspel dat die ekonomie vanjaar met ‘n geraamde 3,9 persent sal groei, hoewel die BBP-groei na verwagting in 2023 en 2024 sal verlangsaam as gevolg van ‘n swakker globale vraag en ‘n verwagte inkrimping in landbou. Die bank sê die geraamde groei van 3,9 persent in 2023 dui op ‘n opwaartse hersiening met 0,6 persentasiepunte vanaf die ekonomiese vooruitsigte van Augustus vanjaar, hoofsaaklik as gevolg van sterker prestasie in ander mynbou- en steengroefaktiwiteite gedurende die eerste helfte van die jaar maar verteenwoordig ‘n inkrimping vergeleke met 7,6 persent wat in 2022 geregistreer is.