BoN sê Chinese aanlyn QZ is plaaslik ongelisensieerd

Die Bank van Namibië het die sakebedrywighede van QZ Asset Management beoordeel na aanleiding van klagtes deur lede van die publiek. Die maatskappy is nie deur die sentrale bank as ‘n bank-instelling gelisensieer nie, en is ook nie gemagtig om deposito’s van die publiek te aanvaar, te ontvang of te neem nie. ‘n Suid-Afrikaanse finansiële waghond het ook teen die maatskappy gewaarsku wat in China gebaseer is en kantore in Suid-Afrika wou oopmaak. QZ Asset Management word bemark as ‘n aanlyn besigheid wat advies- en bate-bestuursdienste aan individuele en institusionele beleggers verskaf. Kazembire Zemburuka Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…