BoN sal nie ingrypings in makro-ekonomie doen nie

Die Makro-omsigtigheid Oorsigkomitee van die Bank van Namibië het sy tweede en laaste vergadering van die jaar gehou om potensiële risiko’s en kwesbaarhede in die Namibiese finansiële stelsel te evalueer. Die komitee het opgemerk dat globale finansiële stabiliteitsrisiko’s verhoog bly, wat die veerkragtigheid van die globale finansiële stelsel onder druk plaas. Dit spruit uit verhoogde geopolitieke risiko’s en die risiko van ‘n herprysing van bates in internasionale geld- en kapitaalmarkte. Die komitee het egter bepaal dat geen verdere makro-beleidsingryping op hierdie stadium nodig is in Namibië nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Florette Nakusera, van die sentrale bank.