BoN: Raamwerk nodig om olievloek te vermy

Die goewerneur van Bank van Namibië Johannes !Gawaxab, het ‘n beroep gedoen op die ontwikkeling van ‘n deursigtige wetlike en regulatoriese raamwerk om die land se opkomende olie- en gas-sektor te beheer. Die goewerneur sê die raamwerk is nodig om ‘n gelyke speelveld te verseker en die moontlikheid van korrupsie of begunstiging uit te roei. Hy sê Namibië moet bekwame en verantwoordbare instellings bou om ‘n gelyke speelveld te verseker vir alle rolspelers wat in die bedryf werksaam is, terwyl die integriteit van staatsinstellings noodsaaklik is om te verseker dat die land die voordele van sy oliebedryf ten volle benut. Naufiku Hamunime, die bank se hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoe die olie-vloek vermy kan word.