BoN lei monetêre gebied-bespreking oor oorgrensbetalings
Die Bank van Namibië het ‘n hoëvlakvergadering van die sentrale bankbestuurders van die Gemeenskaplike Monetêre Gebied aangebied. Onder voorsitterskap van goewerneur Johannes !Gawaxab, het die vergadering goewerneurs Lesetja Kganyago van Suid-Afrika, Emmanuel Letete van Lesotho en Phil Mnisi van Eswatini bymekaargebring. Die kwartaallikse vergadering het gedien as ‘n platform om dringende plaaslike en globale ekonomiese uitdagings aan te spreek. Besprekings het gefokus op die versterking van ekonomiese veerkragtigheid en die bevordering van oorgrens-betalingstelsel-integrasie om bestaande wrywings wat spoed, koste en klante-ervaring beïnvloed, te verminder, terwyl betalingsintegriteit gehandhaaf word. Josefina Oskar, die Bank van Namibië se kommunikasiepraktisyn, gee meer inligting.