BoN leer by Sentrale Bank van Kenia

Die Bank van Namibië sê hy werk aan digitale transformasie en modernisering van die plaaslike finansiële sektor om finansiële insluiting te verbeter. Die bank het onlangs besoek aan die Sentrale Bank van Kenia afgelê om Namibië se finansiële insluiting te meet en te bevorder. Dit sal die sentrale bank se vermoë om finansiële risiko’s wat uit nuwe vorme van geld ontstaan, te bestuur en te versterk. Die bank se hoofbeampte van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid, Naufiku Hamunime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die besoek het waardevolle insigte verskaf wat aangewend sal word om beleid en praktyke te verbeter.