BoN identifiseer nog ‘n piramide-skema

Die Bank van Namibië sê in ‘n verklaring dat die Angelitos Community Foundation nie volgens sy reëls besigheid bedryf nie en dat die beleggingsmaatskappy buite die mandaat van die bank aktief is. Volgens die bank is Angelitos ingelig dat die bank ‘n ondersoek gelas het en die bevindings is ook met die Angelitos gedeel maar, die maatskappy gaan steeds voort. Die Bank van Namibië het lede van die publiek gewaarsku oor beleggings wat gemaak word by entiteite wat nie geregistreer is by die nodige owerhede nie. Volgens die maatskappy se webtuiste kan mense geld belê en ‘n lid word van die stigting so dit kom voor om ‘n piramide-skema te wees wat onwettig in Namibië is.