BoN erken vir deursigtigheid
Die Bank van Namibië het die toekenning vir deursigtigheid by die jaarlikse Sentrale Bank-toekennings gewen vir sy verbeterde deursigtigheid in monetêre beleid-kommunikasie. Die jaarlikse toekennings vier uitstaande prestasies in die sentrale bank-gemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, die hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid by die Bank van Namibië, oor die toekenning gesels.