BoN eis Trustco se terugbetalingsplan teen Dinsdag
Die Bank van Namibië het gereageer op die aankondiging deur Trustco Group Holdings dat hy die kommersiële banksektor verlaat. Die sentrale bank sê die verklaring dat alle deposito’s in Trustco Bank Namibia gewaarborg is en deur die Bank van Namibië gehou word is misleidend en van alle waarheid ontbloot. Die sentrale bank sê dat Trustco Bank deposante se fondse hou, en dat dit Trustco Bank se verantwoordelikheid bly om alle fondse terug te betaal. Hy eis dié plan van Trustco teen Dinsdag, 27 Augustus.