Bomme in Gaza dood 40, waaronder 13 kinders
Israelse bomaanvalle in Gaza het die dood van minstens 40 mense waaronder 13 kinders veroorsaak. Vyf van die kinders is volgens berigte in ʼn hommeltuigaanval dood terwyl hulle op ʼn straathoek in die noorde van Gaza gespeel het. Dit volg nadat die Israelse weermag die naweek Palestyne wat in die noorde van Gaza woon, opnuut gewaarsku het om die gebied te ontruim. Intussen word berig Israelse aanvalle op Gaza se grootste vlugtelingkamp, Jabalya, het die afgelope nege dae minstens 300 lewens geëis.