Bomdreigement op FlySafair-vlug
Die Suid-Afrikaanse lughawemaatskappy, ACSA, sê die polisie se bom-eenheid is Donderdagaand by die Kaapstad Internasionale Lughawe ontplooi. Dit volg nadat die bemanning van ʼn FlySafair-vlug oor ʼn moontlike sekerheidsgevaar, of te wel ‘n bom, aan boord ingelig is. Die vliegtuig was op pad na Johannesburg. ACSA sê passasiers en bemanning het die vliegtuig veilig ontruim en dit is deeglik deursoek. Hy voeg by al die vereiste lugvaartveiligheid- en -sekerheidsprotokolle is nagekom.